Baccalaureus Pharmaciae

Baccalaureus Pharmaciae (afgekort B Pharm of BS Pharm) is 'n voorgraadse akademiese graad in die aptekerswese. In baie lande is hierdie graad 'n voorvereiste vir registrasie om as apteker te praktiseer. In Suid-Afrika duur dit 'n minimum van 4 jaar akademiese plus een jaar praktiese opleiding. Dit is opleiding om die eienskappe en impak van medisyne te verstaan en die vaardighede te ontwikkel wat nodig is om pasiënte van raad te bedien oor hul medisynegebruik.

B Pharm-gegradueerdes kan op verskeie terreine werk, soos byvoorbeeld 'n kleinhandelapteker, hospitaalapteker, pasiëntberader, verdere studies soos meestersgraad, doseer aan 'n universiteit of as middelinligtingspesialis.

In sommige lande is die graad vervang met die Pharmacy Doctor (PharmD) en Master of Pharmacy (MPharm) grade. In die Verenigde State is hierdie graad as die baccalaureate-aptekersgraad slegs by die Washington State University toegeken, waar dit nou deur die PharmD-graad vervang is. Die graad wat voorheen in die VSA en die vereiste graad wat in Kanada aangebied word, is die Baccalaureus scientiae in Farmasie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search